top of page


BOSLUISKOORS het hom in so 'n mate afgetas dat hy met 'n loopraam loop. Was vir 'n paar maande in 'n psigiatriese hospitaal en sy hond is dood. Dra 'n grys haarstuk. So lees 'n onlangse artikel oor Casper de Vries. Genoeg rede vir my om hierdie bekende Suid Afrikaanse vermaaklikheidster uit te nooi om met AllesAfrikaans te gesels. Want ons wil weet hoe dit met hom gaan! Sy vuur is nie geblus nie, loopraam of nie en ten spyte van die hartseer verlies van sy hond en 'n paar dae in 'n psigiatriese hospitaal. Casper Rasper!
bottom of page