top of page
12473835_160669790969883_5275093471344038241_o.jpg

Fransisca Liebenberg
 

Ek is oorspronklik van Johannesburg, Roodepoort en vandaar het ek op Noordwes Universiteit my BSC dieëtkunde graad verwerf en deeltyds ‘n rits fiksheids kursusse gedoen.

Daarna het ek my loopbaan as fiksheids en persoonlike gym instrukteur begin. Vandag is ek nog deeltyds betrokke daarby.

In 2014 is ek aangewys as eerste prinses in Mrs United Nations SA. Ek het toe deelgeneem as Mrs International SA in Jacksonville Florida en toe ek terug kom vandaar af het ek my eerste album - kyk waar is ons nou” opgeneem en in 2016 vrygestel. “Kyk waar is ons nou” musiekvideo draai gereeld op kykNET, en ek is gevra om die lied te sing by die gala aand v d Mrs Universal kompetisie in Nevada Reno US. 
 

In 2019 is ek aangewys as Mrs Universal SA en het ek die land verteenwoordig in Mexico waar ek as 2 de prinses aangewys is.
 

In 2020 is my lied van album: Chardonnay en Somerlag” Dreamchaser aangewys as die “pageant lied” vir Mrs Universal 2020 en was ek gevra om dit in Bali op te voer by die gala aand- agv Covid is die kompetisie ongelukkig kanseleer.

Chardonnay en Somerlag is baie goed ontvang en “Mannetjies Roux” op die album was nommer 3 in die SA top 20 RSG uitskieters. Die ander lied “liefde” draai gereeld op kykNET en talle radiostasies.

 

In 2021 is ek as vroulike nuweling v. d. Jaar by die Melomaan gala aand aangewys.
 

Ek het ook in 2021 ‘n nominasie vir vroulike pop kunstenaar ontvang by die Afri-Indi toekennings.

In 2022 het ek 2 enkelsnitte “frommels” en “ saam” vrygestel en dit draai op talle radiostasies. 

Verder draai my TV reeks “Liggewig” op NET Afrikaans.  In hierdie reeks daag ek sporthelde uit om saam met my te oefen en ek gesels met hul oor hul loopbane.


In 2022 in ek genomineer as sangeres v d Jaar by die Melomaan musiektoekennings gala aand en ek is ook vereer met ‘n nominasie by die Afri-Indie musiektoekennings aand vir “best adult contemp single van die jaar vir die enkelsnit "frommels".

 

10846080_10205047952025797_8879495732110231070_n.jpg
pngwing.com (1).png
pngwing.com (2).png
pngwing.com (4).png
ab67616d0000b2735f35309c5882063d528afa6e.jpg
55920868_802782880091901_7698667116450283520_n.jpg
bottom of page